Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 11 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-09-2024 só ingevul:



Een van die simptome van ........ is abdominale pyn.
1 % (afgerond)blinde dermontsteking
5 % (afgerond)blindederm ontsteking
94 % (afgerond)blindedermontsteking  
blinde-dermontsteking

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "blinde"+ selfstandige naamwoord "derm") en ʼn selfstandige naamwoord "ontsteking".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Daar bestaan 'n ........ tussen gees en liggaam.
deeualisme
3 % (afgerond)duälisme
deeuälisme
96 % (afgerond)dualisme 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “chaos”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Al die verenigings is ........ die hoofkomitee geaffilieer.
26 % (afgerond)by
56 % (afgerond)met of by 
9 % (afgerond)aan
10 % (afgerond)met

Die korrekte voorsetsel om by "geaffilieer" te gebruik is "met" of "by".
(Bron: Tweetalige voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Sandra Prinsloo is 'n bekende ........ .
76 % (afgerond)Afrikaanse aktrise 
18 % (afgerond)afrikaanse aktrise
1 % (afgerond)afrikaanse-aktrise
5 % (afgerond)Afrikaanse-aktrise

Wanneer 'n taalnaam as byvoeglike naamwoord gebruik word, word dit steeds met 'n hoofletter geskryf. 'n Byvoeglike naamwoord word ook los van die daaropvolgende selfstandige naamwoord geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties