Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 11 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-09-2024 só ingevul:



Die sebra-engelvis (só genoem weens sy ........ voorkoms), leef van plankton.
70 % (afgerond)sebraägtige of sebra-agtige 
7 % (afgerond)slegs sebraägtige
17 % (afgerond)sebraägtige of zebra-agtige
6 % (afgerond)slegs zebraägtige

Woorde wat op 'n "a" eindig en "–agtig" agterna het, kry 'n deelteken óf koppelteken.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Genicanthus_caudovittatus)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Identifiseer die FOUT in die volgende sin:
Daar word talle sportmotors teen weggooipryse in die tweedehandse motorgids geadverteer.
81 % (afgerond)tweedehandse motorgids 
14 % (afgerond)weggooipryse
2 % (afgerond)sportmotors
3 % (afgerond)geadverteer

Die korrekte skryfwyse van "tweedehandse motorgids" is "tweedehandsemotorgids". Dit is 'n samestellende samestelling wat bestaan uit 'n woordgroep ("tweedehandse motor") plus naamwoord ("gids").
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Malé is die hoofstad van die ........ .
19 % (afgerond)Maldive
46 % (afgerond)Maldives
14 % (afgerond)Maledives
21 % (afgerond)Maledive 

Hierdie eilandstaat staan in Afrikaans bekend as die "Maledive" (of "Republiek die Maledive"); in Engels is dit "Maldives" en in Nederlands "Maldiven" of "Malediven".
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Klein van persoon, maar groot van ........ .
1 % (afgerond)hormoon
41 % (afgerond)patroon 
saksofoon
58 % (afgerond)vertoon

Hierdie idioom beteken 'iemand wat klein van liggaamsbou, maar baie begaaf of ruimhartig is'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties