Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 12-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 12 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-09-2024 só ingevul:



Die voorsitter sal volgende week se vergadering ........ .
5 % (afgerond)af las
56 % (afgerond)aflas
39 % (afgerond)afgelas 

Die werkwoord "afgelas" beteken 'om iets op te hef'. Volgens WAT word "afgelas" in alle werkwoordtye gebruik: Hy het die vergadering afgelas, sy gelas die vergadering af, hy sal die vergadering afgelas. In Nederlands is die infinitief "afgelasten".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek sal die werk moet ........ om te sien of dit reg is.
83 % (afgerond)kontroleer 
17 % (afgerond)kontrolleer

Indien die basis van 'n woord eindig op 'n enkele konsonantletter, voorafgegaan deur 'n lang, beklemtoonde vokaal, word daardie konsonantletter nie in afleidings van die basisvorm verdubbel nie.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Daardie winkel verkoop ........ .
7 % (afgerond)damesandale en mansskoene
17 % (afgerond)damessandale en mansskoene
6 % (afgerond)damessandale en manskoene
70 % (afgerond)damesandale en manskoene 

As die eerste komponent van 'n samestelling in die enkelvoud nie op 'n "-s" eindig nie en die tweede komponent met 'n "s" begin, word 'n verbindings"-s" nie geskryf nie.
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die ........ wat ons van die produksie gekry het, was baie positief.
31 % (afgerond)slegs terugvoer
64 % (afgerond)terugvoer of terugvoering 
5 % (afgerond)slegs terugvoering
slegs uitvoering

Volgens die AWS is die woorde "terugvoer" en "terugvoering" albei korrek en word as wisselvorme beskou, hoewel ander bronne 'n onderskeid mag maak.
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe skryfwyse van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties