Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Verbindingsklanke

Verbindingsklanke is dele wat gewoonlik tussen twee woorde in 'n samestelling gevoeg word. Daar is 'n paar van hulle in Afrikaans, waaronder -e-, -s-, -ns-, -ens- en -er-. Byvoorbeeld:

  • studentenommer
  • perderuiter
  • manshemp
  • bruilofsfees
  • lewensvreugde
  • vertrouensverhouding
  • nooiensvan
  • kinderkamer

Dis baie belangrik om te onthou dat indien die tweede woord in die samestelling met 'n s begin, 'n ekstra -s- (verbindingsklank) nie ingevoeg word nie. Byvoorbeeld:

  • dame + s + hoed = dameshoed, maar dame + skoen = dameskoen
  • seun + s + hemp = seunshemp, maar seun + skool = seunskool
  • man + s + drag = mansdrag, maar man + skoene = manskoene





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties