Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 18 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2024 só ingevul:



Oupa spog met twee verskillende soorte ........ in sy vrugteboord.
51 % (afgerond)druiwepriële 
48 % (afgerond)druiweprieële
druiwepriele
2 % (afgerond)druiweprieele

Die deelteken in "druiwepriële" dui vir ons aan dat die twee vokale "ie" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
3 % (afgerond)plaaslike owerheids verkiesing
10 % (afgerond)plaaslike owerheids-verkiesing
2 % (afgerond)plaaslike-owerheids verkiesing
85 %plaaslikeowerheidsverkiesing 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die hoofstad van die Oos-Kaap is ........ .
36 % (afgerond)Bisho
32 % (afgerond)Bhisho 
24 % (afgerond)Mthatha
8 % (afgerond)Umtata

Bhisho beteken 'buffel' in Xhosa. Die ou spelling van dié stad is Bisho. Mthatha (voorheen Umtata) is een van die groot stede in die Oos-Kaap.
Sien ook die bladsy Plekname.



Idioom: Iemand verduidelik hoeveel blou ........ vyf is.
23 % (afgerond)albasters
55 % (afgerond)boontjies 
21 % (afgerond)bessies

Die idioom "iemand vertel hoeveel blou boontjies vyf is", beteken 'iemand berispe'.
Blou boontjies het reeds in Nederlands die betekenis van 'koeëls' gehad weens die blouerige kleur van lood. Om iemand dus blou boontjies te wys is om hom koeëls te wys.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
56% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties