20 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-09-2024 só ingevul:
Lees eers die volledige ........ en beantwoord dan die vrae.
tex
text teks
tekst
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Ek het die hele kamer ........ om die brief te soek.
geömkeer omgekeer
om gekeer
geomkeer
Werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra, kry "ge-" in die verlede tyd (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Idioom: As die ........ dik is, is die meel bitter.
kat muis
koek
poeding
Hierdie idioom kom uit die Duits: "Wenn die Maus satt ist, schmeckt das Mehl bitter." Dit beteken 'as iemand genoeg geëet het, is die kos nie meer lekker nie'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Ons moet die vloere skrop en die tafels blink vryf vir vanaand se opskop. Wat is die woordsoort van "skrop" in bostaande sin?
werkwoord
selfstandige naamwoord
voegwoord
bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "skrop - geskrop".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)