Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Vreemde woorde

Vreemde woorde is woorde wat net so oorgeneem is uit ander tale en wat hulle oorspronklike spelvorm behou. As hulle verafrikaans sou word, sou hulle vir ons vreemder lyk as in die oorspronklike spelvorm.

So byvoorbeeld sou die spelling *gheraatsj in pleks van garage, of *kgwasaan in pleks van croissant vreemder as die oorspronklike spelling gelyk het.

 

Ander bekende voorbeelde sluit in:

  • abattoir
  • adagio
  • ad hoc
  • avant-garde
  • baccalaureus
  • casanova
  • chalet
  • cliché
  • denim
  • fondue
  • gala
  • kilojoule
  • parfait
  • pizza
  • steak

Teenoor vreemde woorde, staan verafrikaanste woorde waarvan die spelling aangepas is sodat die woord meer soos Afrikaans lyk. Sommige woorde vorm 'n tussenklas - hulle is tussen vreemde woorde en verafrikaanste woorde. Woorde wat uit Afrikatale geleen is, vertoon ook unieke patrone.

 

Lees meer

 

Lees hoofstuk 18 in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

 

 






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties