Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 25-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 25 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-09-2024 só ingevul:



"Romeo and Juliet" is sekerlik die bekendste ........ .

58 % (afgerond)liefdestorie 
1 % (afgerond)liefde-storie
40 % (afgerond)liefdesstorie
2 % (afgerond)liefdes-storie

Indien die eerste deel van ’n samestelling nie op ’n “s” eindig nie en die tweede deel begin met ’n “s”, kry die samestelling nie ’n verbindings-s ook nie (AWS 17.16).

Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Ingevolge die Grondwet van Suid-Afrika moet die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad ........ alle tale bevorder wat in Suid-Afrika gepraat word".
62 % (afgerond)dubbelaanhalingstekens 
30 % (afgerond)geen leestekens
6 % (afgerond)enkelaanhalingstekens
2 % (afgerond)aandagstrepe

Ons gebruik dubbelaanhalingstekens om 'n aanhaling aan te dui. Dit kan 'n woord, frase, sin of 'n langer stuk teks wees.
(AWS13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



........ , die arme kind het albei haar ouers in die ongeluk verloor.
Watter tussenwerpsel sal 'bejammering' in bostaande sin uitdruk?
2 % (afgerond)Ag
6 % (afgerond)Ai tog
91 % (afgerond)Foeitog 
Jitte

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ag" is 'n uitroep by smart, medelye of ontevredenheid; "Ai tog" druk ongeduld uit en "jitte" word gebruik om verbasing uit te druk.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Iemand wat ʼn restaurant verlaat sonder om te betaal, noem ons ʼn ........ .

2 % (afgerond)harmansdrup
geluksvoël
1 % (afgerond)geldskieter
97 % (afgerond)glyjakkals 

ʼn Glyjakkals is iemand wat wegglip (byvoorbeeld uit ʼn restourant) sonder om te betaal; ʼn harmansdrup is iemand wat baie stadig is; ʼn geluksvoël is iemand wat dit altyd gelukkig tref; ʼn geldskieter is iemand wat geld uitleen. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Persoonsname.



TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties