25 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-09-2024 só ingevul:
Ek het jou mos gesê ........ al hoe minder studente stel daarin belang om 'n addisionele taal aan te leer.
komma aandagstreep
hakie
punt
Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik. (AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Die regering het pas die nuwe ........ goedgekeur.
minimum loon
minimumloon
minimum-loon
minimale loon
Die woorde "minimum" en "maksimum" word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik en dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf. Byvoorbeeld "minimum loon, maksimum snelheid". Dit word slegs as selfstandige naamwoord gebruik wanneer dit nie as 'n samestelling gebruik word nie en 'n lidwoord voorafgaan. Byvoorbeeld, "Ons moet besteding tot die minimum beperk". Bronne: HAT6
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
'n Pragenaar is gewoonlik ook 'n ........ .
Czech Tsjeg
Sjeg
Die Afrikaanse benaming vir 'n inwonder van die Tsjeggiese Republiek is 'n "Tsjeg" (Engels 'Czech'). 'n "Sjeg", daarenteen, is 'n Islamitiese geestelike.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Idioom: Hy gee my 'n ........ onder water.
hou
soen
skop steek
Hierdie idioom beteken 'hy sê my op indirekte wyse sleg'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)