Afleidings van eiename
Afleidings van woorde wat eindig met -is, -isme, -istiek en -isties word met hoof- of kleinletters geskryf.
Woorde wat op -is eindig:
- Boeddhis of boeddhis
- Latinis of latinis
Woorde wat op -isme eindig:
- Anglisisme of anglisisme
- anti-Semitisme of antisemitisme
- Calvinisme of calvinisme
Woorde wat op -isties eindig:
- Anglisisties of anglisisties
- Latinisties of latinisties
- Calvinisties of calvinisties
Woorde wat op -istiek eindig:
- Germanistiek of germanistiek
- Neerlandistiek of neerlandistiek