Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 26-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 26 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-09-2024 só ingevul:



Die boer het al sy varke, insluitende sy bere en ........ , na die vendusie geneem.
58 % (afgerond)sogge of sôe 
sogte
2 % (afgerond)sogge
40 % (afgerond)sôe

'n Sog is 'n vroulike vark en die meervoudsvorm daarvan kan "sogge" of "sôe" wees. By sommige woorde wat eindig op 'n "g", kan een van die moontlike meervoudsvorme gevorm word deur die toevoeging van 'n "-e" aan die einde van die woord, tesame met die weglating van die "g" en die toevoeging van 'n kappie op die vokaal wat die "g" voorafgegaan het. Ander voorbeelde sluit in "brug" wat "brûe" word en "wig" wat "wîe" word.

Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ek het 'n ........ by die pandspel gekry.
63 % (afgerond)polfyntjie 
35 % (afgerond)polvyntjie
1 % (afgerond)polveintjie
1 % (afgerond)polfeintjie

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”. Die woord "polfyntjie" is ietwat onbekend en beteken 'pand' by pandspeletjies, 'soort koekie' of 'nooientjie'. Daarteenoor verwys die "polvy" na die hak van 'n skoen.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.
4 % (afgerond)onder 13 rugbyspanne
30 % (afgerond)onder-13-rugbyspanne
66 % (afgerond)onder 13-rugbyspanne  

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.



'n ........ afvaardiging sal vandeesweek die land besoek om beleggingsgeleenthede te ondersoek.
14 % (afgerond)Sjinese
60 % (afgerond)Chinese of Sjinese
26 % (afgerond)Chinese 

Die 2017-AWS erken slegs die spelling "Chinese".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties