27 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 27-09-2024 só ingevul:
Marlene is ........ nadat sy by die werk afgedank is.
verbitter verbitter of verbitterd
verbitterd
ferbitterd
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "verbitter – verbitterd", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Daar's al baie stertjies by die storie ........ .
aan gelas aangelas
geäanlas
geaanlas
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die nuwe meisie in ons klas dink sy is ........ .
botter
room
melk kaas
Die idioom "iemand dink hy/sy is kaas (en dan is hy/sy nog nie eers dikmelk nie)", beteken 'iemand het sonder rede 'n baie hoë dunk van hom-/haarself'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die korrekte wyse om "potte" af te breek oor twee reëls is ........ .
pott-e
po-tte pot-te
Woorde word afgebreek tussen die verdubbelde konsonant.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)