Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 02-10-2024 (vlak 3)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 02-10-2024 só ingevul:



Petra mag nie 'n nuwe kar koop ........ tensy sy en Ben trou.
24 % (afgerond)nie;
64 % (afgerond)nie, 
11 % (afgerond)nie
2 % (afgerond)nie:

Kommas word gebruik voor 'n voegwoord in gevalle waar die tweede sin 'n teenoorgestelde gedagte uitdruk.
Sien ook die bladsy Komma.



Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .
51 % (afgerond)top openbare skole of top- openbare skole
22 % (afgerond)top- openbare skole 
24 % (afgerond)top openbare skole
3 % (afgerond)top-openbare-skole

Volgens die nuwe AWS is 'n koppelteken verpligtend by afstandsamestellings. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“openbare”) sou dit vas geskryf word as “topskole” (AWS 12.25). Die woorddeel "top" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie en word altyd vas aan 'n naamwoord in 'n samestelling geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Suid-Afrika se ........ het sy kommer uitgespreek oor die konflik in die Midde-Ooste.

86 % (afgerond)Departement van Internasionale Betrekkinge 
2 % (afgerond)Departement van internasionale Betrekkinge
6 % (afgerond)departement van internasionale betrekkinge
6 % (afgerond)departement van Internasionale Betrekkinge

Soortname wat as eiename of as dele van meerledige eiename optree, kry aanvangshoofletters, byvoorbeeld Departement van Buitelandse Sake, Konstitusionele Hof, Kommissie vir Waarheid en Versoening, Slag van Magersfontein.
Bron: AWS 9.9

Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.



Idioom: Die ........ sit agter in die by.
10 % (afgerond)heuning
86 % (afgerond)angel 
4 % (afgerond)stuifmeel

Die idioom "die angel sit agter in die by", beteken 'moeilikheid kom dikwels aan die einde van gebeure'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties