Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 03 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 03-10-2024 só ingevul:



Wat noem ons iemand wat van Argentinië kom?
9 % (afgerond)Argentiniër
1 % (afgerond)Argentiniëer
88 % (afgerond)Argentyn 
3 % (afgerond)Argentinieër

'n Omvattende lys van name van mense wat afkomstig is van lande of stede is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Armand en Anton is sedert verlede week albei ........ nadat die vloot hulle amptelik by hul onderskeie eskaders ingelyf het.
3 % (afgerond)luitenant-ter-sees
11 % (afgerond)luitenant-ter-seë
86 % (afgerond)luitenante-ter-see 

Volgens die AWS (reël 13.12) kry die laaste lid by saamgestelde militêre en soortgelyke rangbenamings die meervoudsuitgang, behalwe in sekere uitsonderingsgevalle soos "luitenante-ter-see" en "skoute-by-nag".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Liewe ........
Ek kom volgende week Bloemfontein toe en sal graag wil kom kuier.
ou ma
87 % (afgerond)Ouma 
13 % (afgerond)ouma
Ou ma

’n Eienaam ("Ouma") in ’n aanhef word met ’n hoofletter gespel.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Hoe breek ons "halfhartige" af oor twee reëls?
Sy wetenskaponderwyser het sterk uitgevaar teen sy ........ -
........ poging om sy werkstuk betyds in te dien.

8 % (afgerond)halfhar-tige
3 % (afgerond)halfhart-ige
88 % (afgerond)half-hartige 
1 % (afgerond)halfharti-ge

Woorde word normaalweg volgens verdeling in lettergrepe afgebreek: "half-har-ti-ge".
Reël 1.3 in die AWS stel dit egter duidelik dat woorde by voorkeur op betekenisvolle plekke afgebreek moet word, terwyl herkenbaarheid ook in gedagte gehou moet word. Ons sal dus "halfhartige" volgens dié reël verdeel as "half-hartige".
Sien ook die bladsy Woordafbreking.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties