Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 04-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 04 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 04-10-2024 só ingevul:



Die Weerdiens voorspel dat ........ môre deur die dag gaan uitsak en waarsku die publiek om ver van riviere en strome weg te bly.
7 % (afgerond)flitsvloede
9 % (afgerond)oorstromende vloede
38 % (afgerond)stortvloede 
46 % (afgerond)kitsvloede

Die Engelse weerkundige term "flash flood" word dikwels deur die media op verskillende maniere in Afrikaans vertaal. Die korrekte Afrikaanse term is egter "stortvloed". Bron: HAT en WAT
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Die bobbejane klim op die ........ .

rottens
rotses
99 % (afgerond)rotse 
rotsens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Tant Souf is bekend vir haar ........ sjokoladekoek by die kerkbasaar.
92 % (afgerond)veerligte 
7 % (afgerond)superligte
1 % (afgerond)helderligte
hiperligte

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.



Dirk en Isebel het vier dogters.
Watter woordsoort is die woord "dogters"?
werkwoord
1 % (afgerond)adjektief
98 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
bywoord

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ("'n" of "die") voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: dogter - die dogter - dogters.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties