Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 10-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 10 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 10-10-2024 só ingevul:



Plant- en diername soos "boegoe", "dagga", en "kwagga" is ........ uit Khoi.

2 % (afgerond)homonieme
95 % (afgerond)leenwoorde 
antonieme
2 % (afgerond)anglisismes

Afrikaans word verryk deur woorde by ander tale te leen.
Sommige gewone woorde wat Afrikaans aan Afrikatale ontleen het, behou hulle oorspronklike vorm.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.



Die ........ "Vibrio cholerae" veroorsaak die siekte cholera by mense.
bakteri's
69 % (afgerond)bakterie 
18 % (afgerond)bakterieë
13 % (afgerond)bakterië

Hoewel ons meestal die meervoudsvorm "bakterieë" gebruik, word die enkelvoud "bakterie" gebruik wanneer daar na een spesie verwys word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Dit is ........ gedrag deur daardie broer.
20 % (afgerond)on-Christelike
4 % (afgerond)Onchristelike
77 % (afgerond)onchristelike 

Byvoeglike naamwoorde wat van eiename afgelei is en met "on-" begin, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Die afkorting "b.v.p." in krieket staan vir ........ .

1 % (afgerond)baie verder in die pad
bietjie verder van paaltjie
96 % (afgerond)been voor paaltjie 
3 % (afgerond)buiteveldpot

ʼn Afkorting is ʼn verkorte skryfwyse van ʼn woord of frase. Oor die algemeen word afkortings (bv. "b.v.p." of "mnr.") uitgespreek as vol woorde (dus "been voor paaltjie" of "meneer"). In dié opsig is "b.v.p" dus 'n uitsondering, aangesien mense dikwels sê "bee vee pee". ʼn Uitgebreide lys afkortings verskyn agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Afkortings.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties