Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-01-2025 (vlak 2)



vorige toets 06 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-01-2025 só ingevul:



Sulke goeie prestasies vereis baie inspanning.
Wat is die woordsoort van "vereis" in bostaande sin?
9 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
67 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
15 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
9 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Goeie prestasies vereis inspanning. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



In die volksmond word na die Volksrepubliek China verwys as ........ om dit te onderskei van die demokratiese Taiwan (amptelik bekend as die Republiek China).
48 % (afgerond)Rooi-China 
2 % (afgerond)Rooichina
49 % (afgerond)Rooi China

In meerledige geografiese name wat bestaan uit 'n eienaamelement plus 'n voorbepaling wat 'n onverboë byvoeglike naamwoord is, word die voorbepaling met 'n koppelteken aan die eienaamelement vas geskryf.
Ander voorbeelde sluit in: "Groot-Brittanje","Klein-Asië" en "Wit-Rusland". (Bron: AWS 12.30)
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



As die koor die eisteddfod wil wen, sal hulle ........ moet sing.
5 % (afgerond)suiwerer
2 % (afgerond)meer suiwerder
suiwerste
92 % (afgerond)suiwerder 

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “suiwer”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “suiwerder” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die suiwerste”.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Idioom: Haastig ........ , bring gou berou.
96 % (afgerond)trou 
2 % (afgerond)behou
1 % (afgerond)vrou
2 % (afgerond)klou

Die idioom "Haastig trou, bring gou berou", beteken ''n Paartjie moet mekaar eers goed leer ken voordat hulle trou'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties