Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 18 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 18-10-2024 só ingevul:



'n Antoniem vir die woord "goed" is ........ .
9 % (afgerond)bevredigend
1 % (afgerond)lekker
1 % (afgerond)beter
89 % (afgerond)sleg 

Antonieme is woorde wat min of meer die teenoorgestelde betekenis van mekaar het, byvoorbeeld "goed - sleg".
Sien ook die bladsy Antonieme.



Het jy al jou opstel ........ ?
1 % (afgerond)geäanvoor
94 % (afgerond)aangevoor 
2 % (afgerond)geaanvoor
3 % (afgerond)aan gevoor

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Ons het die kontrak te ........ trou aangegaan.
1 % (afgerond)goed
93 % (afgerond)goeder 
6 % (afgerond)goeie

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "te goeder trou"; "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Geen mens sal soveel vir 'n fiets betaal nie.
Wat is die woordsoort van die woord "soveel" in bostaande sin?
5 % (afgerond)voegwoord
47 % (afgerond)bywoord
11 % (afgerond)selfstandige naamwoord
37 % (afgerond)telwoord 

'n Telwoord dui aantal of hoeveelheid aan. Dit kan 'n bepaalde hoeveelheid of onbepaalde aantal aandui (hooftelwoorde) en kan ook 'n plek in 'n volgorde aandui (rangtelwoorde).
Bepaalde hooftelwoorde kan in syfers uitgedruk word, byvoorbeeld "5", "24", "300"; onbepaalde hooftelwoorde kan nie in syfers uitgedruk word nie, byvoorbeeld "baie", "heelwat", "min", "weinig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties