Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 18 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-10-2024 só ingevul:



As gevolg van diabetes het Nick ........ in sy voete verloor.
99 % (afgerond)sensasie 
sensaasie
sensaasi
1 % (afgerond)sensasi

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Charlotte skrik nie vir koue ........ nie.
94 % (afgerond)pampoen 
5 % (afgerond)kaiings
1 % (afgerond)kabouters

Die uitdrukking "nie vir koue pampoen skrik nie" beteken 'nie deur kleinighede op loop gejaag word nie'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ het onderneem om die skietstaking te eerbiedig.
12 %hoof opposisie-alliansie
4 % (afgerond)hoof opposisie alliansie
4 % (afgerond)hoof-opposisie-alliansie
80 % (afgerond)hoofopposisiealliansie of hoofopposisie-alliansie 

ʼn Samestelling (“hoofopposisiealliansie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“hoof”, “opposisie” en “alliansie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Om leesbaarheid te vergemaklik kan 'n koppelteken tussen die laaste twee woorddele gebruik word.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Vir die resies moet die motors gelyktydig wegtrek.
Johanna moet soggens die gordyne voor die vensters wegtrek.
Die woordsoort van die woord "wegtrek" in bostaande sinne is 'n ........
49 % (afgerond)poliseem 
1 % (afgerond)antoniem
4 % (afgerond)sinoniem
46 % (afgerond)homoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld:
Die motors moet gelyk "wegtrek", hy jy moet die gordyne "wegtrek".

Sien ook die bladsy Poliseme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties