Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Poliseme

’n Poliseem is 'n woord met verskeie maar verwante betekenisse. Die woord polisemie kom van die Griekse woorde poli- wat 'baie' beteken, en sem wat 'teken' beteken.  

 

Voorbeelde van poliseme

  • Die huis is aan die voet van die heuwel geleë.
  • Een van sy skoene maak sy voet seer.

In die eerste sin verwys die woord voet na die onderste deel van die heuwel en in die tweede sin verwys dit na die onderste deel van 'n mens se been.

  • Hy het tot by die kruin van die berg geklim.
  • Sy het die kruin van sukses in haar loopbaan bereik.
  • Die leer se hoogste sport het gebreek toe hy daarop getrap het.
  • Sy het die hoogste sport in haar loopbaan bereik.


Vir die onderskeid tussen poliseme, homonieme, homofone en homograwe, kyk die verduideliking by homonieme.






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties