Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 22-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 22 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-10-2024 só ingevul:



Die verkoue het gewyk; vandag voel ek beter.
Wat is die woordsoort van "gewyk" in bostaande sin?

95 % (afgerond)werkwoord 
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
1 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Het jy die ........ ingepak sodat ons bietjie die vakansie kan speel?
1 % (afgerond)dambort
97 % (afgerond)dambord 
dam-bort
1 % (afgerond)dam-bord

ʼn Samestelling ("dambord") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("dam" en "bord") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Jy sal eers die ........ moet vra of jy die kerk kan gebruik.
42 % (afgerond)Eerwaarde
4 % (afgerond)eerware
49 % (afgerond)eerwaarde 
5 % (afgerond)Eerware

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "eerwaarde", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Pa het die rekening betaal sonder om ........ of ba te sê.

96 % (afgerond)boe 
2 % (afgerond)
2 % (afgerond)ma

Die uitdrukking "nie boe of ba sê nie", beteken 'niks sê nie'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
84% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties