23 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-10-2024 só ingevul:
In Noord-Amerika is daar baie ........ in die natuur.
beurs bere
beers
beure
Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("beer"), kry ’n "-e" in die meervoud AWS 13.2). Die vokaal word nie verdubbel nie, om die klank lank te hou.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die leeu het ........ voor ons in die gras verskyn.
plotselung
plotsiling
plottseling plotseling
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "plotselung" in plaas van die korrekte "plotseling".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Jy's mos nou ’n ........ ; jy moet van beter weet.
grootmens
groot-mens
groot mens
Byvoeglike naamwoorde (soos "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "mens") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
Die motor se ........ gee probleme.
engin
endjin enjin
enyin
Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)