25 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-10-2024 só ingevul:
Die hoof wil al die onderwysers tydens ........ spreek.
pouze
pause
pauze pouse
In sommige woorde word die [z]-klank met ’n "s" geskryf, soos in die woord "pouse".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
In die winter dra ek graag ........ .
serpens serpe
serpse
serps
Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Die seuns kan tog so maklik die meisies se ........ uittrek.
siele
harte
gemoed
vrede
Om iemand se siel te versondig is om daardie persoon te irriteer of te verpes. Die Engels vir "iemand se siel versondig", is 'annoy someone intensely'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die gewig van jou bagasie op ʼn vliegtuig is beperk. Wat is die woordsoort van "bagasie" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord
voorsetsel
voegwoord
bywoord
'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ('n of die) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld: karkas - die karkas - karkasse.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)