Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Twyfelwoorde (mits vs tensy)

Een van die mooi aspekte van taal is dat 'n mens verskillende nuanses van betekenis met verskillende woorde kan uitdruk. As jy taal goed wil beheers, moet jy goed kan onderskei tussen woorde wat dikwels verkeerd gebruik word. 'n Mens moet gewoon sulke woorde leer.

 


Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin.

 

Die betekenis van die twee voegwoorde mits en tensy is amper dieselfde, maar daar is tog ’n verskil. Hulle word daarom dikwels nie korrek gebruik nie.

  • Mits beteken indien, as, ingeval, op voorwaarde dat

Byvoorbeeld:  Hy het gesê ek kan gaan, mits ek my suster saamneem.

 

Anders gestel sou dit gewees het: Hy het gesê ek kan gaan, op voorwaarde dat ek my suster saamneem.

  • Tensy beteken as nie, dan; indien nie, dan; behalwe as

Byvoorbeeld: Tensy ek my suster saamneem, kan ek nie gaan nie.

 

Anders gestel sou dit gewees het: As ek my suster nie saamneem nie, dan kan ek nie gaan nie.






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties