28 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 28-10-2024 só ingevul:
Louise was net betyds by die lughawe om die laaste ........ na Kaapstad te haal.
flig
vlig
flug vlug
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Daardie ........ vir die weermag lyk maar vaal.
barrake
barrakke barakke
baraks
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Daar is tans 'n keuringsproses om persone te keur om deel uit te maak van 'n permanente nedersetting op ........ .
mars Mars
Mars of mars
Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Die woord "gevolg" in die volgende sinne is ’n ........ . Die toeriste het die gids deur die museum gevolg. Die gevolg van die saak was dat ons die vakansie moes kanselleer.
homoniem
homofoon
sinoniem
antoniem
ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "gevolg" (saam met iemand gaan) en "gevolg" (uitkoms).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)