Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 28-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 28 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-10-2024 só ingevul:



Hy het 'n stukkende horlosie aan my probeer verkwansel.
Die woordsoort van "probeer" is 'n ........ .
29 % (afgerond)skakelwerkwoord 
5 % (afgerond)voegwoord
63 % (afgerond)hulpwerkwoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Skakelwerkwoord skakel gewoonlik 'n hulpwerkwoord en hoofwerkwoord aan mekaar (hy sal probeer om sy pap te eet; sy wou hom help om groente te kweek)
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die burgemeester is aangesê om enige tender te aanvaar soos hy ........ .
1 % (afgerond)goed-dink
69 % (afgerond)goeddink 
30 % (afgerond)goed dink

Hoewel 'n kombinasie van 'n bywoord en 'n werkwoord gewoonlik los geskryf word, word sommige samestellings met "goed" as gevolg van betekenisverdigting wel vas geskryf, byvoorbeeld "goeddink", "goedkeur" en "goedpraat".
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die ou regulasies is ........ en nuwe regulasies is nou van krag.
geafskaf
geäfskaf
98 % (afgerond)afgeskaf 
2 % (afgerond)af geskaf

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).

Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Dis ........ en seker dat hy 'n goeie kok is.
2 % (afgerond)so
2 % (afgerond)beter
70 % (afgerond)wis 
26 % (afgerond)waar

Die vaste uitdrukking 'wis en seker' beteken 'dit is sonder twyfel so'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties