01 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-11-2024 só ingevul:
Die speurder stel die ........ verloop van gebeure op.
chronologiese
kronologiese chronologiese of kronologiese
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, "chronologiese – kronologiese"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Dis 'n ........ probleem wat die klas moet oplos.
eenvoudige
eenfoudig
eenfoudige
eenvoudig
Meerlettergrepige byvoeglike naamwoorde wat voor die selfstandige naamwoord staan, kry dikwels 'n "-e" aan die einde.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
My kollega is 'n regte ........ in die nek; hy maak my gek!
pyn
krieweling
spasma
Die uitdrukking "pyn in die nek" beteken 'erge irritasie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hout en papier vat maklik vlam. Wat is die woordsoort van "vlam" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “vlam - die vlam – vlamme”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)