Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 01-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 01 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-11-2024 só ingevul:



Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.
9 % (afgerond)ter doodveroordeelde
2 % (afgerond)terdood veroordeelde
67 % (afgerond)terdoodveroordeelde 
22 % (afgerond)ter dood veroordeelde

"Terdoodveroordeelde" is 'n samestellende afleiding wat bestaan uit 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") en 'n agtervoegsel ("-e").
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.



'n Woord wat van 'n ander taal ontleen is en meestal met sy oorspronklike spelling deel word van Afrikaans noem 'n mens 'n ...
10 % (afgerond)anglisisme
3 % (afgerond)leenvertaling
86 % (afgerond)leenwoord 
latinisme

Voorbeelde van leenwoorde in Afrikaans is "steak", "eisteddfod", "avant-garde" en "pizza".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Bertus kan tog so maklik met sy sangtalent spog.
Watter idioom sal ons gebruik om "spog" in bostaande sin mee te vervang?

1 % (afgerond)met die mond vol tande staan
1 % (afgerond)sy skapies bymekaarjaag
sy mond verbypraat
98 % (afgerond)te pronk loop 

As jy te pronk loop met iets, dan spog jy daarmee. (Engels: 'flaunt' of 'show off')
Om met 'n mond vol tande te staan is wanneer jy niks te sê het nie.
As jy iets sê wat jy nie moes gesê het nie, dan het jy jou mond verbygepraat.
Om skapies bymekaar te jaag, is om te trou.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons gaan hierdie vakansie by my ouma in ........ kuier.
6 % (afgerond)Mpumalangha
6 % (afgerond)Mpumhalanga
19 % (afgerond)Mphumalanga
70 % (afgerond)Mpumalanga 

Mpumalanga is een van die nege provinsies in Suid-Afrika. Die woord Mpumalanga beteken 'plek waar die son opkom' in die Ngunitale.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties