Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 05 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2024 só ingevul:



Die oortreffende trap van "verouderd" is ........ .

6 % (afgerond)mees verouderdste
34 % (afgerond)verouderdste
60 % (afgerond)mees verouderde 

In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Die agterspeler het 'n pragtige ........ geloods en die wedstryd beklink.
tenanval
1 % (afgerond)teenanval
98 % (afgerond)teenaanval 
tenaanval

In geslote lettergrepe (soos in die woord “teenaanval”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Die persoon wat gevaarlike toertjies op 'n filmstel doen, is 'n ........ .
3 % (afgerond)dapperjapper
1 % (afgerond)skobbejak
96 % (afgerond)waaghals 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “waaghals”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die rivier is besig om die grond weg te ........ .
46 % (afgerond)kalf of kalwe
29 % (afgerond)kalwe of kalwer of kalf
22 % (afgerond)kalwe of kalwer 
3 % (afgerond)kalwer

Die woord "kalf" as werkwoord bestaan net in die betekenis van 'geboorte skenk aan 'n kalf'. Die woorde "kalwe" en "kalwer" is egter wisselvorme wat 'insak' of 'afbrokkel' beteken.

Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties