Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 06-11-2024 só ingevul:



Die boek bevat interessante ........ oor spinnekoppe.
1 % (afgerond)feits
98 % (afgerond)feite 
1 % (afgerond)feitens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



’n Mens se ........ is nie so belangrik soos wat baie mense dink nie.
91 % (afgerond)uiterlike 
9 % (afgerond)uiterlikke
eiterlike
yterlikke

Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie altyd verdubbel nie, byvoorbeeld "uiterlike", "onmiddellike" en "monnike" (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.



Suid-Afrika het ’n ingewikkelde ........ van paaie.
net werk
net-werk
99 % (afgerond)netwerk 

ʼn Samestelling ("netwerk") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("net" en "werk") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "spel" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Die deelnemers aan "Op die Spel" kan almal goed spel.
Die Springbokke het teleurgestel met hulle spel.
3 % (afgerond)sinoniem
7 % (afgerond)homofoon
89 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "spel" (‘korrek skryf’) en "spel" (‘die manier van speel’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties