Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 06-11-2024 (vlak 3)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-11-2024 só ingevul:



Om te gesels ........ is lekker.
69 % (afgerond)geen leesteken 
30 % (afgerond),
-

Tussen die infinitiefskonstruksie "om te" en 'n ander (koppel-)werkwoord is 'n komma nie nodig nie.
Sien ook die bladsy Komma.



Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .
2 % (afgerond)tweede-handsehandelaarsforum
10 %tweedehandse handelaarsforum
88 % (afgerond)tweedehandsehandelaarsforum 
1 % (afgerond)tweede handse handelaarsforum

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die barmhartige ........ het 'n edel daad verrig.
39 % (afgerond)slegs samaritaan 
42 % (afgerond)Samaritaan of samaritaan
19 % (afgerond)slegs Samaritaan

Iemand wat in Samaria gewoon het, is 'n "Samaritaan" (met hoofletter). In die uitdrukking "barmhartige samaritaan" het die woord "samaritaan" verbleek om 'n algemene betekenis te kry (dit verwys nie na iemand wat in Samaria gewoon het nie) en word dus met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Eienaamverbleking.



Idioom: In iemand se ........ val.

14 % (afgerond)wyn
15 % (afgerond)sak
27 % (afgerond)mandjie
44 % (afgerond)net 

Die idioom "iemand se net val", beteken 'gevang of verlei word deur iemand'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)

Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties