12 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-11-2024 só ingevul:
Jy sal maar op jou tande moet kners vir die pyn. Wat is die woordsoort van "kners" in bostaande sin?
werkwoord
selfstandige naamwoord
voegwoord
bywoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "kners - gekners".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
In die Middeleeue is vroue wat van heksery verdink is, op ʼn ........ verbrand.
brandstapel
brand-stapel
brand stapel
ʼn Samestelling ("brandstapel") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("brand" en "stapel") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ Andrew ook daar is, sal ek bly wees.
As
Als
as
als
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Idioom: Dis ........ en koljander (die een is soos die ander).
koolkop
wortel
peper vinkel
Die idioom "vinkel en koljander" beteken 'die twee dinge of mense is presies eenders'. Dit word ook gesê van 'n identiese tweeling.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)