Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 13 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-11-2024 só ingevul:



Hulle verdien drie ........ vir hul prestasie.
89 % (afgerond)hoera's 
4 % (afgerond)hoeraas
7 % (afgerond)hoeras

As 'n woord op 'n lang, beklemtoonde "a" eindig, word 'n afkappingsteken altyd gebruik vir meervouds- en verkleiningsvorme.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Ons was ........ heeldag by die see.

2 % (afgerond)eer gister
98 % (afgerond)eergister 
eurguster
eurgister

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “eurgister” in plaas van die korrekte “eergister”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Ons kantoor is elke ........ oop.
weukdag
96 % (afgerond)weekdag 
weuk dag
4 % (afgerond)week dag

ʼn Samestelling ("weekdag") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("week" en "dag") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die wind ........ die wolke see toe.
1 % (afgerond)dreif
dreiv
3 % (afgerond)druif
96 % (afgerond)dryf 


Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties