Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-11-2024 (vlak 1)



vorige toets 14 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-11-2024 só ingevul:



Die oormag was te groot; ons moes die ........ blaas.
1 % (afgerond)af tog
1 % (afgerond)af-tog
98 %aftog 

ʼn Samestelling ("aftog") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("af", en "tog") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die kissie het verskeie ........ .
12 %voë
2 % (afgerond)voegge
15 % (afgerond)voege
71 % (afgerond)voeë 

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "o" "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "geoefen", "geolie" en "aktuaris".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Die ........ kom met die grysheid.
99 % (afgerond)wysheid 
blyheid
1 % (afgerond)grouheid

Die idioom "die wysheid kom met die grysheid" beteken 'ou mense het baie ervaring en kennis'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die Suid-Afrikaanse ........ moet poog om werkloosheid te verminder.
17 % (afgerond)Regering
31 % (afgerond)Regering of regering 
51 % (afgerond)regering

Die naam van 'n spesifieke instelling ("regering"), begin tradisioneel met 'n hoofletter. Sedert die 2009-AWS is daar egter geen definitiewe reël meer hieroor nie; dit is dus moontlik om dit met 'n hoof- of kleinletter te skryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties