15 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-11-2024 só ingevul:
Ouma is besig om ’n tolletjie ........ in die naaimasjien te sit.
slegs gare
slegs garing
slegs garinge gare of garing
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "gare – garing", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "agtelosig – agterlosig".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Christina het 'n oulike ........ vir haar verjaardag gekry.
hondjie
hondkie
hoinkie
hontjie
Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.4), byvoorbeeld "hond - hondjie"; "kat - katjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
........ ! Die balk kan op jou kop val.
Pesop
Passop Pasop
Pessop
Die woord "pasop" is ʼn tussenwerpsel en word met een s gespel. Tussenwerpsels is kort woorde, gewoonlik gevolg deur ʼn uitroepteken, wat ʼn bepaalde emosie aandui.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.
Soos dit ʼn gasvrye buurman betaam, nooi ek hulle toe vir ʼn braai. Wat is die woordsoort van "betaam" in bostaande sin?
voornaamwoord werkwoord
bywoord
voegwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "betaam", kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)