Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Verkleiningsvorme

Wenke

  • Wanneer jy gevra word om die verkleining van ʼn woord te gee wat in die meervoud is, moet jy onthou dat die verkleining wat jy maak ook in die meervoud moet wees.
  • Woorde in die sin wat jou ʼn leidraad sal gee om verkleining te maak, is woorde soos klein, kort, oulike, vlak, smal, ensovoorts.

 

Verkleining gevorm met -ie

  • By woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn kort vokaal

 

 

  •  By woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn lang vokaal (tweelingvokaal)

 

 

  • By woorde wat eindig op ʼn f, g, k, p of s wat volg op ʼn ander konsonant, ʼn diftong of ʼn lang vokaal

sif word siffie

lag word laggie

hok word hokkie

pop word poppie

kas word kassie

 

 

graaf word grafie

oog word ogie

kraak word krakie

streep word strepie

baas word basie

 

 

 

brief word briefie

vliegtuig word vliegtuigie

park word parkie

stomp word stompie

fiets word fietsie

Onthou dat die konsonant verdubbel na ʼn kort, beklemtoonde vokaal.

 

 

 

 

Onthou dat die lang vokaal enkel geskryf word in ʼn oop lettergreep (die een vokaal val weg).

 

Verkleining gevorm met -jie

Alle woorde wat eindig op ʼn d of ʼn t

hond word hondjie

woord word woordjie

 

bad word badjie

potlood word potloodjie

 

mat word matjie

maat word maatjie

present word presentjie

 

 

Verkleining gevorm met -tjie

  • Woorde wat eindig op ʼn diftong of op ʼn ie

 

  • Woorde wat eindig op l, n of r (wat volg op ʼn diftong of lang vokaal)

kraai word kraaitjie

trui word truitjie

leeu word leeutjie

 

 

straal word straaltjie

sirkel word sirkeltjie

traan word traantjie

familie word familietjie

mandjie word mandjietjie

kierie word kierietjie

 

 

skoen word skoentjie

vloer word vloertjie

venster word venstertjie

 

Verkleining gevorm met -etjie

  • Woorde wat eindig op ʼn lm, n of r wat volg op ʼn kort vokaal

 

bal word balletjie

som word sommetjie

pen word pennetjie

ster word sterretjie

Let op dat die konsonant by al hierdie woorde verdubbel om die vokaal kort te hou.

 

Verkleining gevorm met -pie

  • Woorde wat eindig op ʼn m

boom word boompie

geheim word geheimpie

arm word armpie

skelm word skelmpie

kostuum word kostuumpie

asem word asempie

Onthou dat dit nie die kort woordjies insluit wat op ʼn m eindig en e in die meervoud kry, insluit nie. Byvoorbeeld: bom word nie *bompie nie, maar bommetjie.

 

Verkleining met ʼn afkappingsteken

  • By woorde wat eindig op ʼn i, o, u en ʼn lang a

 

  • Ook by letters, syfers en simbole

bikini word bikini’tjie

foto word foto’tjie

skadu word skadu’tjie

ma word ma’tjie

 

A word A’tjie

m word m’etjie

3 word 3’tjie

5 word 5’ie

Geen afkappingsteken by

oupa (want die a is nie lank nie); dus oupatjie.

 

Ook nie by kafee nie (want die ee is nie deel van die reël nie); dus kafeetjie

 

Woorde wat eindig op ʼn -ng

  • Woorde wat eindig op ʼn beklemtoonde lettergreep (woorde wat -e in die meervoud kry)

ring word ringetjie

slang word slangetjie

ding word dingetjie

long word longetjie

Verkleining met ʼn -etjie

  • Woorde wat eindig op ʼn onbeklemtoonde lettergreep (woorde wat -s in die meervoud kry)

doring word dorinkie

koning word koninkie

kussing word kussinkie

rekening word rekeninkie

heining word heininkie

Verkleining met ʼn -kie en die g val weg

 

 

 

Enkele uitsonderings wat jy moet leer

pad word paadjie (maar skilpad word skilpadjie)

blad word blaadjie (en nie *bladjie nie)

gat word gaatjie (ook knoopsgat word knoopsgaatjie)

nooi word nooientjie

wa word waentjie

spel word speletjie

skip word skepie 






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties