22 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-11-2024 só ingevul:
Die stadsraad is verantwoordelik vir die ........ in die stad.
riolering
rioolering
riölering
rioleering
In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Moenie al die ........ uit een pot krap nie.
aartappels aanbrandsel
vleis
groente
Die idioom "moenie al jou aanbrandsel uit een pot krap nie" beteken 'moenie al jou middele in een slag aanwend nie. Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Hulle verhouding was maar ........ van aard.
kortstondig
kort stondig
kort stondeg
kortstondeg
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-ig”) wat ʼn woordgroep (“kort stond”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die karkas van 'n ........ het op die strand naby Hermanus uitgespoel.
slegs suidelike noorkapper suidelike noorkapper of noordkaper of noorkaper of noordkapper
slegs suidelike noordkaper
slegs suidelike noorkapper of noorkaper
Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "suidelike noorkapper", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a). In Nederlands staan die "suidelike noorkapper" as die "zuidkaper" bekend teenoor die "noordkaper" wat in die noordelike halfrond voorkom.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)