26 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-11-2024 só ingevul:
'n Lemoen is 'n vrug vol vitamien C. Wat is die woordsoort van "vrug" in bostaande sin?
selfstandige naamwoord
voegwoord
byvoeglike naamwoord
bywoord
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “vrug - die vrug – vrugte”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Stoptekens en toegeetekens is voorbeelde van ........ .
pat-tekens
pattekens
pad tekens padtekens
ʼn Samestelling (“padtekens”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pad” en “tekens”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat jaarliks op 16 Junie gevier word?
jeugdag
jeug dag Jeugdag
Jeug Dag
Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.
Spreekwoord: Ek was só teleurgesteld, ek kon ........ !
huil
sterf
swyg
lag
Hierdie uitdrukking beteken om skoon droewig van teleurstelling te wees. Ons Engelse vriende sou sê: 'I could sit down and weep.'
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)