Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 23-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 23 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-04-2025 só ingevul:



Elmarie se klerekas spog met die ........ uitrustings!
6 % (afgerond)aller mooiste
1 % (afgerond)aller-mooiste
93 % (afgerond)allermooiste 

Woorde met "aller-" word altyd vas geskryf, behalwe "in aller yl" wat ons van Nederlands geërf het.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die liefde sal ........ !
19 % (afgerond)seevier
1 % (afgerond)seefier
79 % (afgerond)seëvier 
2 % (afgerond)seëfier

Die woord "seëvier" word met 'n deelteken geskryf, aangesien die grondwoord "sege" is. Wanneer die "g" wegval, word dit met 'n deelteken aangedui. Dit het ook by die Nederlandse "regen" gebeur, wat nou geskryf word as "reën".
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die verhoging in die petrolprys is 'n saak wat my ........ ; ek kan in elk geval niks daaraan doen nie.
3 % (afgerond)laat vries
94 % (afgerond)koud laat 
3 % (afgerond)laat ys
laat koud kry

Die uitdrukking "koud laat" beteken 'ongeïnteresseerd', 'sonder geesdrif' en 'nie hartlik nie'. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Die juwelier het my verlede week meegedeel dat ........ 'n duur edelsteen is.
11 % (afgerond)Smarag
83 % (afgerond)smarag 
2 % (afgerond)Smarrag
4 % (afgerond)smarrag

Benamings van edelstene (wat dus goud, silwer, diamant en saffier insluit) word altyd met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties