Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 11-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 11 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-04-2025 só ingevul:



Daar is onlangs nog 'n ........ van 'n prehistoriese dier in die Karoo ontdek.
9 % (afgerond)fosiel
vosiel
90 % (afgerond)fossiel 
1 % (afgerond)vossiel

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die hoof gaan die leerders wat graffiti teen die muur gespuit het, voor stok ........ .
2 % (afgerond)sleep
3 % (afgerond)slaan
88 % (afgerond)kry 
7 % (afgerond)bring

Die uitdrukking "voor stok kry", beteken 'iemand berispe'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Motoriste word aangeraai om die pad langs die ........ te vermy.
20 % (afgerond)Mandela-informele-nedersetting
4 % (afgerond)Mandela-informele- nedersetting
26 % (afgerond)Mandela informele nedersetting
50 % (afgerond)Mandela- informele nedersetting 

Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "Princess- informele nedersetting" en of "hoof- uitvoerende beampte" (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.



As Tammy se pogings nie so futiel was nie, het ons 'n kans gestaan om onder die toptien te wees.
Wat is 'n sinoniem vir "futiel" in bogenoemde sin?
96 % (afgerond)vrugteloos 
2 % (afgerond)beduidend
2 % (afgerond)suksesvol

'n Sinoniem verteenwoordig dieselfde betekenis van 'n woord.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties