11 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-04-2025 só ingevul:
Daar is onlangs nog 'n ........ van 'n prehistoriese dier in die Karoo ontdek.
fosiel vosiel fossiel vossiel
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die hoof gaan die leerders wat graffiti teen die muur gespuit het, voor stok ........ .
sleep slaan kry bring
Motoriste word aangeraai om die pad langs die ........ te vermy.
Mandela-informele-nedersetting Mandela-informele- nedersetting Mandela informele nedersetting Mandela- informele nedersetting
Afstandsamestellings moet met ʼn koppelteken geskryf word, byvoorbeeld "Princess- informele nedersetting" en of "hoof- uitvoerende beampte" (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
As Tammy se pogings nie so futiel was nie, het ons 'n kans gestaan om onder die toptien te wees. Wat is 'n sinoniem vir "futiel" in bogenoemde sin?
vrugteloos beduidend suksesvol
'n Sinoniem verteenwoordig dieselfde betekenis van 'n woord.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)