Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 07-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 07 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 07-05-2025 só ingevul:



Die boere in die distrik het groot ........ gely ná die verwoestende brand.
96 % (afgerond)verliese 
4 % (afgerond)verlieste
verlliesens
verliestens

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die polisie het ons oor die ........ ingelig.

1 % (afgerond)voorfal
1 % (afgerond)foorval
foorfal
98 % (afgerond)voorval 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".

Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Wat moet ek vir my ........ vir haar verjaardag koop?
ou-ma
98 % (afgerond)ouma 
ou ma
2 % (afgerond)oma

Byvoeglike naamwoorde (soos "oud" of "jonk") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "pa" of "ma") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Kry ’n mens deesdae nog ........ met musiek op?
2 % (afgerond)kassete
32 % (afgerond)kasette
1 % (afgerond)kasete
65 % (afgerond)kassette 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld "kasset", "hidroulies" en "kwadrupleeg".
Sien ook die bladsy Tussenklas.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties