Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 18-04-2025 (vlak 2)



vorige toets 18 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-04-2025 só ingevul:



Met die aanbreek van die oorlog het die president sy landgenote in 'n ........ toespraak bemoedig.
98 % (afgerond)vurige 
vure
2 % (afgerond)vuurige
vurig

In oop lettergrepe word die vokale “a”, “e”, “o” en “u” nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Idioom: Haastige ........ is selde goed.
24 % (afgerond)voet
10 % (afgerond)moed
5 % (afgerond)goed
61 % (afgerond)spoed 

Die idioom "haastige spoed is selde goed" beteken 'deur haastig te wees kan jy jou doel mis'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ons skool hou Saterdag ʼn ........ ; julle moet kom.
kêrmes
1 % (afgerond)kermes
4 % (afgerond)kêrmis
95 % (afgerond)kermis 

Die woord "kermis" is 'n verbastering van "kerkmis" en dus 'n samestelling. Daarom word die [ә]-klank met 'n "i" gespel, in teenstelling met reël 16.14 in die AWS wat bepaal dat die [ә]-klank in onbeklemtoonde lettergrepe met 'n "e" geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die leer van die kerk wek verwondering.
Die oumense glo 'n mens moenie onderdeur 'n leer loop nie.
Die woord "leer" in bostaande sinne is 'n ........ .
19 % (afgerond)homofoon
71 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)antoniem
9 % (afgerond)poliseem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “leer” (‘reëls vir 'n bepaalde lewenswyse’) en “leer” (‘gereedskap waarmee 'n mens klim’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties