13 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-03-2025 só ingevul:
Drie ........ het hoog in die berg in 'n grot oornag.
Koi-Kois Khoi-Khois Khoi-Khoin Koi-Koi's
Die spelling van "Khoi-Khoi" het oor baie jare al baie variasies in Afrikaans gehad, maar die 2009-AWS erken slegs "Khoi-Khoi", met die meervoud "Khoi-Khoin".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Reeva, sal jy asseblief vir ons ........ reël vir ons sakebesoek?
akkomodasie akkommodasie akommodasie akomodasie
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akkommodasie”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "akkommodasie" kom van die Latyn "commodus", vandaar die spelling. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Dawid, gee asseblief vir my die ........ aan!
nommer-19-moersleutel nommer 19 moersleutel nommer 19-moersleutel
Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort". (Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ was 'n bekende koning van die Zoeloes.
Chaka Tsjaka Shaka
Verouderde verafrikaanste skryfvorme van persoonsname (soos "Tsjaka") word nie meer in die AWS aanvaar nie.
Sien ook die bladsy Afrikataalleenwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)