Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 14-03-2025 (vlak 1)



vorige toets 14 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-03-2025 só ingevul:



Vandeesmaand se ........ van die tydskrif was een van die bestes nog.
94 % (afgerond)uitgawe 
4 % (afgerond)uitgaaf
uitgeef
1 % (afgerond)uitgewe

’n Plek wat publikasies uitgee is ’n "uitgewer"; die bepaalde publikasie wat daardie maand of week uitgegee word, is die "uitgawe"; die uitgewer "gee" die uitgawe "uit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Daar is darem deesdae baie ........ op die pad.
99 % (afgerond)karre 
1 % (afgerond)karrens
1 % (afgerond)kars

Naamwoorde wat op "l", "m", "n", "ng" of "r" eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is ("kar"), kry ’n "-e" in die meervoud (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Idioom: Sy sing soos 'n ........ .
92 % (afgerond)nagtegaal 
3 % (afgerond)mossie
2 % (afgerond)vink
3 % (afgerond)kokkewiet

As ʼn vrou baie mooi kan sing, sê ons in die idioom sy sing soos ʼn nagtegaal.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die hoof se parkeerplek is skaars tien treë van haar kantoor af.
Wat is die woordsoort van "treë" in bostaande sin.


9 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
4 % (afgerond)bywoord
71 % (afgerond)selfstandige naamwoord 
16 % (afgerond)werkwoord

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “tree - die tree – treë”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties