Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-03-2025 (vlak 3)



vorige toets 17 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-03-2025 só ingevul:



Klerikale werk word meestal uitgevoer deur ........ .
2 % (afgerond)'n bode
43 % (afgerond)iemand verbonde aan 'n kerk 
1 % (afgerond)'n kantoorhoof
54 % (afgerond)'n klerk

'n Sinoniem vir "klerikaal" is "kerklik"; klerikale werk word dus deur 'n geestelike of iemand wat verbonde is aan 'n kerk uitgevoer.
Werk wat deur 'n klerk uitgevoer word, kan beskryf word as "klerklike werk".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Daar is môre 'n 80%-kans ........ reën.
7 % (afgerond)van
50 % (afgerond)vir
43 % (afgerond)op 

Die "Tweetalige Voorsetselwoordeboek" dui aan dat dit "kans op reën" moet wees.
'n Mens hoor egter dikwels ook "kans vir" en "kans van", waarskynlik in navolging van die Engelse "chance for/of rain".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
85 % (afgerond)plaaslikeowerheidsverkiesing 
3 % (afgerond)plaaslike-owerheids verkiesing
3 % (afgerond)plaaslike owerheids verkiesing
10 % (afgerond)plaaslike owerheids-verkiesing

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Op die Johannesburgse Internasionale Motorskou is die ........ uitgestal.
25 % (afgerond)nuwe generasie C-klas-Mercedes-Benz 
23 % (afgerond)nuwegenerasie C-klas Mercedes-Benz
40 % (afgerond)nuwe generasie C-klas Mercedes-Benz
12 % (afgerond)nuwegenerasie-C klas-Mercedes-Benz

Om hierdie antwoord uit te pluis, moet jy die woordsoorte in ag neem. "Nuwe" is 'n byvoeglike naamwoord wat die soortnaamwoord "generasie" bepaal - soortgelyk dus aan "nuwe motor". In hierdie geval tree "generasie" as kategorienaamwoord op wat 'n soortnaam bepaal, soortgelyk aan gevalle soos "tipe blom", "kategorie werkwoorde", "soort motor", ensovoorts. Ons het dus 'n "nuwe generasie motor". "Mercedes-Benz" verbind in 'n samestelling met sy subkategorie, naamlik die "C-klas", en ons skryf dus "C-klas-Mercedes-Benz".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
49% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties