Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 29-04-2025 (vlak 1)



vorige toets 29 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-04-2025 só ingevul:



Die regering het onlangs verskeie boere se plase onteien.
Die woordsoort van "onteien" is 'n ........ .
1 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)selfstandige naamwoord
97 % (afgerond)werkwoord 
voegwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "onteien" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Suurstofryke bloed vloei in ........ weg van die hart.
95 % (afgerond)slagare 
1 % (afgerond)slag are
1 % (afgerond)slag-are
2 % (afgerond)slagaars

ʼn Samestelling ("slagaar") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("slag" en "aar") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



’n ........ het gewoonlik ’n onderwerp, voorwerp en ’n werkwoord.
sun
1 % (afgerond)Sun
95 % (afgerond)Sin 
4 % (afgerond)sin

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord ("Werkwoord").
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Idioom: Ons ........ en weeg nog.
96 % (afgerond)wik 
1 % (afgerond)kyk
1 % (afgerond)soek
1 % (afgerond)meet

Hierdie idioom beteken: 'ons huiwer nog voordat ons besluit'.
Nog idiome en spreekwoorde kan aanlyn gekry word by: http://www.gesegdes.co.za/idiome/W1.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties