Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-03-2025 (vlak 1)



vorige toets 20 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-03-2025 só ingevul:



Ek moet my motor neem sodat hulle die duike kan ........ .
8 % (afgerond)uit klop
3 % (afgerond)uit-klop
89 % (afgerond)uitklop 

Die woorddele "uit" en "klop" vorm saam ’n samestelling van ’n bywoord en ’n werkwoord en word dus vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek sukkel om die Namakwalanders se ........ te verstaan.
4 % (afgerond)diälek
92 % (afgerond)dialek 
2 % (afgerond)dealek
2 % (afgerond)deälek

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken. Dit geld egter nie wanneer ’n “a” of ’n “o” voorafgegaan word deur ’n “a”, “o”, “e”, “u” of “i” nie, byvoorbeeld “dialek”, “geolie” en “aktuaris”. Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld “studie-eenheid” en “toe-eien”.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Skouer aan/teen die ........ sit.
14 % (afgerond)wa
80 %wiel 
6 % (afgerond)kar

Die idioom "skouer aan/teen wiel sit" beteken' om alle kragte in te span'.
Dit is 'n wysiging van die Nederlandse "de hand aan het wiel leggen". Dit is waarskynlik versterk met die Voortrekkers wat letterlik skouer aan die wiel moes sit om deur moeilike driwwe en oor bulte te kom.
In Engels sê 'n mens: "Put one's shoulder to the wheel".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ winkel verkoop net volstruisleerhandsakke.
1 % (afgerond)die
99 % (afgerond)Die 

Die eerste woord in 'n sin, solank as wat dit nie 'n syfer, getal of simbool is nie, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties