21 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-03-2025 só ingevul:
Navorsing is gedoen met die ........ of Hess soos dit algemeen bekend staan.
hoë-energie stereoskopiese stelsel of hoë energie- stereoskopiese stelsel hoë-energie stereoskopiese -stelsel hoë-energie- stereoskopiese stelsel hoë energie-stereoskopiese stelsel
Volgens die jongste AWS (2017) is die koppelteken by afstandsamestellings verpligtend, byvoorbeeld - "hoë-energie- stereoskopiese stelsel" (AWS 12.24). In hierdie geval is die koppelteken tussen "hoë" en "energie" ook opsioneel aangesien die weglating daarvan geen leesbaarheidsprobleme veroorsaak nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die "B" in die akroniem "Brics" in Brics-lande staan vir ........ .
Brasilië Brittanje België Bermuda
ʼn Akroniem is ʼn spesifieke soort afkorting wat as ʼn woord uitgespreek kan word. Die akroniem "Brics" staan vir Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Idioom: As die ........ verdrink het, word die put gedemp.
kind kat kalf vis
Die idioom "as die kalf verdrink het, word die put gedemp", beteken 'wanneer die skade klaar gely is, word maatreëls daarteen getref'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die Flaviese amfiteater in Rome staan bekend as die ........ .
Colosium Colossium Collosseum Colosseum
Die Colosseum (of Kolosseum; soms ook Coliseum) is gebou onder keisers Vespasianus en Titus en in 80 n.C. ingewy. Dit is genoem na die colossus of reusestandbeeld van Nero wat daarby gestaan het. Deur eienaamverbleking verwys "colosseum" (met 'n kleinletter) ook na enige groot skouburg. Bron: WAT
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)