Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Akronieme

'n Akroniem is 'n tipe afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word. Daar is twee soorte akronieme:

  • Letternaamwoorde: die name van die letters word gebruik om die woord uit te spreek. Byvoorbeeld: MIV word uitgespreek as em ie vee
  • Letterklankwoorde: die akroniem word soos enige gewone woord uitgespreek. Byvoorbeeld: vigs (verworwe immuniteitsgebreksindroom)

 


Voorbeelde van letterklankwoorde

 

  • Absa: Amalgameerde Banke van Suid-Afrika
  • ASCII: American Standard Code for Information Interchange (Amerikaanse Standaardkode vir Inligtingsuitruiling)
  • Benelux: België, Nederland en Luxemburg
  • Cosatu: Congress of South African Trade Unions
  • FIFA: Fédération Internationale de Football Association - Internasionale Voetbalfederasie
  • Gestapo: Geheime Staatspolizei  (in Nazi-Duitsland)
  • HAT: (Verklarende) Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
  • INRI: Iesus Nasarenus Rex Iudaeorum (Jesus die Nasarener, (die) koning van die Jode)
  • Interpol: Internasionale Kriminele Polisiekommissie
  • laser: Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation (ligversterking deur gestimuleerde uitlaat van straling)
  • Nasa: National Aeronautics and Space Administration (Nasionale Lugvaart- en Ruimte-administrasie)
  • Navo: Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
  • Noksa: Nasionale Olimpiese Komitee van Suid-Afrika
  • NUMSA: Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika
  • radar: Radio Detecting and Ranging
  • Rica: Regulation of Interception of Communications and Provision of Communication-related Information Act (Wet op die Onderskepping van Inligting en Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting)
  • Sapa: Suid-Afrikaanse Pers-Assosiasie
  • Sasol: Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
  • UNESCO: United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation
  • UNICEF: United Nations Children's Fund (Verenigde Nasies se Kinderfonds)
  • Unisa: Universiteit van Suid-Afrika


Voorbeelde van letternaamwoorde

  • MIVmenslike immuniteitsgebreksvirus
  • MIDMisdaadinligtingsdiens
  • NWU: Noordwes-Universiteit
  • VOO: verdere onderwys en opleiding
  • JE of JEB: Johannesburgse Effektebeurs
  • HTTP: hiperteksoordragprotokol
  • GPS: globale posisioneringstelsel





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties